GRAAFF-REIET NUUS - Internasionale Wiskundedag het op 14 Maart plaasgevind, en 16 leerders van gr. 4 tot gr. 7 wat by Laer Volkskool ingeskryf is het aan die eerste ronde van die South African Mathematics Challenge deelgeneem.
Die volgende leerlinge is deur na die tweede ronde:
• WJ Hayward - gr. 4
• Gustav Vermeulen - gr. 4
• Amoné White - gr. 4
• Margite van der Merwe - gr. 6
• Janco van den Berg - gr. 6
• Jarrod Gerber - gr. 7
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’