GRAAFF-REINET NUUS - Lede van Cradock-Tafelronde 37 het ruim donasies ingesamel en tydens besoeke aan die Vukasebenze Skuiling en die Afrikaanse Christelike Vrouevereniging (ACVV) is groot hoeveelhede kruideniersware afgelaai.
Hierdie kos is deur inwoners van Cradock oor die afgelope maand geskenk om voedingsnood in die winter te verlig.
"Dié voorraad sal gebruik word om die spens by Huis Bethesda en die ACVV-kinderhuis in Cradock, se rakke op te vul," sê Caren van Rensburg, ACVV-areabestuurder, Oos-Kaap.
By die Vukasebenze Skuiling berei ons drie keer per week gebalanseerde etes vir 60 tot 90 afhanklikes voor. Hoewel ons in die somer oor 'n uitgebreide groentetuin beskik, wat baie help, is ons regdeur die jaar afhanklik van kosbare donasies soos hierdie om ons potte aan die kook te hou," sê Petra Breytenbach.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’