CRADOCK NUUS - In ysige koue het bemarkers op Saterdag 6 Julie hulle stalletjies opgeslaan in die ruim kuiertuin by True Living Restaurant in Cradock. "Die ysige oggend het in 'n pragtige sonskyndag verander," vertel Karen McEwan, die organiseerder en bemarker van Karoo Markets.
"Talle plaaslike inwoners en verbygaande toeriste het kom kuier, koop en kou by die stalletjies in die tuin en almal het 'n goeie markdag gehad," vertel Elani Lombard, eienaar van die venue.
Uitstallers het hul produkte van Cradock, Middelburg, Graaff-Reinet en Somerset-Oos kom uitstal en te koop aangebied.
"True Living het sommer vroeg-vroeg 'n heerlike ontbyt beskikbaar gehad, met warm koffie en soos wat die dag aangestap het is roosterkoeke en sosaties vanaf die rooster verkoop. Niemand het honger gely nie," sluit McEwan af.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’