Video
GRAAFF-REINET NEWS - Willem Botha en die pragtige Franja du Plessis kuier binnekort by Laer Volkskool tydens die heel eerste kykNET NOU #Top20-toer.
Vir die wat nie weet nie - Top 20 is een van die top TV-programme op kykNET NOU! wat elke Vrydagaand om 20:00 op kanaal 146 op DStv uitgesaai word.
Tydens die program kuier aanbieder Willem Botha saam met musiekvriende in die ateljee en tel die week se Top 20 musiekvideo’s af.
Hierdie maand vat Willem Botha egter vat die pad saam met die talentvolle Franja du Plessis en draai hul eersdaags in Graaff-Reinet.
Saam gaan dié twee ‘n plaaslike gehoor in die saal van Laer Volkskool op Donderdagaand, 28 Februarie, om 18:00 vir 18:30 vermaak met ‘n gatskop vertoning gevul met audio visuele elemente en natuurlilk al die treffers wat aanhangers wil hoor.
Kaartjies beloop R50 vir kinders en R100 vir volwassenes en kan by Laer Volkskool se kantoor in Somersetstraat gekoop word. Daar sal ook kaartjies by die deure verkoop word op die aand van die vertoning.
Heerlike verversings soos oliebolle, koeldranke en cappuccinos gaan deur die skool se OOV tydens die vertoning se pouse verkoop word.
Daar kan ook vooraf kaartjies vir heerlike hamburgers teen R30 elk by die LVS-kantoor gekoop word.
Die hamburgers sal vanaf 18:00 die aand beskikbaar wees. Daar sal tafels en stoele in die skool se vierkant gepak word om die verversings by te geniet.
CD’s sal ook te koop aangebied word na afloop van die konsert.
Moenie die geleentheid misloop nie!
Kyk twee video's hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'