GRAAFF-REINET NUUS - WE Pienaar Pre-primêr, of soos die skool bekend staan, Weppie Preppie, het verlede Donderdagaand hulle jaarlikse gradeplegtigheid en konsert by Laer Volkskool gehou.
Die jongspan het die slapies afgetel tot die groot aand en kon nie wag om hul verhoogstuk, Flooi en Frikkie kuier in die bosveld, op te voer nie.
Die stuk gaan oor Flooi, 'n hasie, en Frikkie, 'n skilpad, wat saam op 'n bosveld-avontuur gaan.
Die twee sien kwaggas en olifante en al hul wedervaringe word deur liedjies en danse uitgebeeld.
Daarna is 'n groot dierekonsert en bosvelddans gehou.
"Die aand is deur ieder en elk geniet. Mense het so gelag dat die trane geloop het oor die manier waarop die kinderdiertjies hul danspassies doen," sê skoolhoof Elene Lesch, wat baie ingenome was met die jongspan se konsert.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’