GRAAFF-REINET NUUS - Tinkerbell Daycare Centre in Asherville het onlangs hulle beroepsweek gehou. Tasha Jooste, skoolhoof van dié kleuterskool sê dat die kinders 'n beroep moes kies van wat hulle eendag wil word.
Die hele week se lesse het gehandel oor die verskeidenheid beroepe wat bestaan en wat van jou verwag word om in so 'n beroep te werk.
"Die kinders het ook prente geteken van hulself in daardie beroep en het die Vrydag opgetof skool toe gegaan, aangetrek in klere om die beroep uit te beeld.
Jooste vertel dat die meeste kinders 'n polisieman of verpleegster gekies het as beroep. Die kinders was ook verras met sprekers wat tans as polisieman en verpleegster werk - wat hulle vertel het wat dit verg om in daardie beroep te wees.
Die groepie het almal besluit om eendag mense wat siek is te help.
Die twee lugwaardinne is nie bang nie, hulle is reg om hulle vlerke te sprei.
Die modeontwerpers gaan eendag dalk jou troutrok ontwerp.
Hierdie manne is reg om ons land te verdedig.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’