CRADOCK NUUS - Terwyl die spitte stadig gedraai het, het die manne gesellig verkeer in die groot kuiertent digby die oudskoliere-klubhuis.
Die geleentheid, op Vrydagaand, 9 Mei, was die jaarlikse Knipmesbraai van Cradock Hoërskool.
Met al die spitte in 'n ry en die lieflike geur van plaaslik geproduseerde karoolamvleis wat braai oor die terrein hang, kon die manne nie wag om, knipmes in die hand na hartelus hul vleisaptyt te voed nie.
"Dit was vir seker 'n aand wat nie vergeet sal word nie," is die oudleerders en die gemeenskap van Cradock dit eens.
Talle borge het weer eens na vore getree, en elkeen se bydrae, ook agter die skerms, het hierdie aand ’n sukses gemaak.
Cradock Hoërskool beloof dat die Knipmesbraai volgende jaar nog groter gaan wees.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’