GRAAFF-REINET NUUS - ‘n Verklaring op ‘n Cradock-veiligheidsgroep het mense weer eens gewaarsku teen die gebruik van vuurwerke op Oujaarsaand.
Karen Human van die Cradock diereskuiling vrees elke jaar Oujaarsaand, want diere hardloop weg en raak heeltemal verward deur die oorverdowende lawaai - veral wanneer huiseinenaars met vakansie is en die diere nie binne die huis kan gaan skuiling soek nie.
Volgens die verklaring is vuurwerke nie wettig in Suid-Afrika nie, tensy jy die Wet op
Plofstof, 1956 en verwante verordeninge volg.
Dié wet bepaal:
- Vuurwerke mag nie in openbare plekke, soos parke, strate of sypaadjies
afgevuur word - Vuurwerke mag nie by straatverkopers, smouse of by ander informele handelaars
gekoop nie word nie. - Vuurwerke mag slegs buite ‘n 200m-radius van hospitale,
klinieke, vulstasies, ouetehuise, hospiese, kinderhuise en dierewelsynsorganisasies of
–instansies afgevuur word - Kinders jonger as 16 mag geen vuurwerke hanteer of gebruik nie -
behalwe onder toesig van 'n volwassene. - Geen vuurwerke mag op enige mens, dier, gebou of motorvoertuig gerig word
nie. - ’n Vuurwerkvertoning mag slegs aangebied word met die skriftelike toestemming van
die hoofinspekteur van plofstof en die munisipale raad van enige nedersetting.
‘n Verteenwoordiger van die SAPD in Cradock het aan die Advertiser bevestig dat
alle vuurwerke slegs by gelisensieerde winkels - wat 'n rooi teken het wat sê
"HANDELAAR IN VUURWERKE” - aangekoop mag word. - Behou jou betaalstrokie indien jy dit op navraag moet wys.
- Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) pas die wet op plofstof streng toe. Jy kan enige vuurwerke-oortredings by die SAPD aanmeld. Versuim om aan die wet te voldoen, kan 'n boete of tronkstraf tot gevolg hê.
Kersfees, Oujaarsaand, Nuwejaarsdag, Paasfees en Jeugdag is jaarliks die uitdagendste tye vir die SAPS. - Tree binne die wet op - en bly uit die hof uit vir oortredings op die Oujaar.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’