HOFMEYR NUUS - Die Hofmeyr Vrouelandbouvereniging het Dinsdagoggend, 13 Mei, 'n feestelike tee in die kuierlokaal op Maryland in die Hofmeyrdistrk aangebied, vir alle Hofmeyr-inwoners bo 70.
Die geleentheid het deel gevorm van een van VLVK se jaarprojekte, "Bejaardes maak saak".
Gevulde pannekoeke voorberei deur VLV baksters is bedien by sonnige tafels, en elke gas het 'n pakkie tuisgebakte koekies gekry om huis toe te neem.
Die VLV sameroepsters wat in beheer van reëlings was, was Coleen Traut en Ronel Gouws, terwyl Dada de Jager, Nelanie Jansen en Hofmeyr VLV voorsitter Nadia Bosch ook saamgewerk het om die heerlike dag volmaak te maak.
"Dankie, dit was vir ons almal heerlik om weer 'n slag uit te kom," het plaaslike inwoner Ronel Visser gesê.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’