BURGERSDORP NUUS - 'n Groep vroue van Steynsburg, Burgersdorp, Aliwal-Noord, Molteno en Hofmeyr het onlangs in Burgersdorp bymekaargekom om die Slow Stitching-kursus by te woon.
Volgens Almarie Meiring van Crazy Crafters is die kursus deur Lizl Peyper aangebied.
"Saterdagoggend was die opleidingslokaal by Crazy Crafters tjokkenblok vol met kreatiewe vroue wat dié tegniek kom leer en baasgeraak het," vertel sy.
Slow Stitching is wanneer daar kuns geskep word met naald en gare, presies soos 'n skildery met verf, ink en kwaste gevorm word. Die Afrikaanse term vir die kunsvorm is nie bekend nie, maar die groep in Burgersdorp noem hul kunsvorm Stik-'ie-Stukkie.
Lees meer in Graaff-Reinet Advertiser en aanlyn
Besige koppe het besige prente wat eers met groen gare vasgeryg moes word.
Van die kunswerke wat die vroue tydens die kursus gemaak het.
'Ons bring jou die nuutste Burgersdorp, Karoo nuus'