CRADOCK NUUS - 'n Feestelike Langtafeldinee is vir Vrouedag by Jenkins Creek in Cradock vir 150 vrouens gehou.
Rhona Erasmus van die program, Real Housewives of Pretoria was die gasspreker.
Deidré Claassens, stigter en eienaar van Langtafel Exclusive Events het hierdie geleentheid gereël en sy sê dat die idee met die langtafels was om vrouens bymekaar te bring en soos een te laat voel.
"Hierdie was 'n spanpoging wat so pragtig in plek geval het en dit alles net deur die werk en betrokkenheid van vroue."
Claassens sê dat daar 'n groot behoefte bestaan, nie net in die platteland nie, maar oor die hele Suid Afrika, vir positiewe en opbouende geleenthede vir vrouens om mekaar te ontmoet en sosiaal te verkeer en na motiveringspraatjies te luister."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’