GRAAFF-REINET NUUS - 'n Vrou van Hofmeyer het 'n gru-groepverkragting net buite die dorp oorleef.
Verbygangers wat Saterdagoggend, 2 November, op die erg beseerde vrou afgekom het, het eers gedink die slagffer is dood en die polisie laat weet daar is 'n lyk 500 m agter die laaste bewoonde erf, op die R391 roete na Molteno.
Die plaaslike polisie is na die toneel om 'n moontlike moord te ondersoek en die forensiese span van Middelburg is laat kom.
Die ernstig beseerde vrou kon egter mettertyd reageer en het vertel dat sy deur drie mans verkrag is wat haar vir dood agtergelaat het.
Adjudant Offisier Majola Nkholi sê die polisie ondersoek drie sake van ernstige aanranding en verkragting.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’