KAROO NUUS - ‘n Ongeluk tussen twee swaar vragmotors het vanoggend, 8 April, douvoordag 5 km buite Middelburg op die N10 roete na Cradock plaasgevind.
Motoriste word tot versigtigheid gemaan, maar die roete is oop.
Verkeerspersoneel is teenwoordig, en die gedeelte sal later vandag onder verkeerskontrole wees wanneer opruimingswerk plaasvind.
Geen verdere inligting is op hierdie stadium bekend nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’