Gallery
GRAAFF-REINET NUUS - Laer Volkskool het sy eeufeesjaar sommer vroeg-vroeg op 'n hoë noot afgeskop toe hy Union verlede Woensdag in 'n interskole-swemgala met 457 - 370 geklop het.
Nie net het Volkskool met hul spangees beïndruk nie, maar elkeen van sy 52 swemmers het hul kant in die water gebring.
Fotogalery: Eeufees swemgala by Volkskool
Die o.14A-dogterspan het die rekord in die kruipaflos, wat deur Union gehou was, van 1:07:25 na 1:05:61 verbeter. Volkskool het ook die laerskole-afdeling met 78 punte gewen en die victor en victrix ludorum-bekers losgeswem.
Francois Naude en AW Lambrecht, met 30 punte elk, is gesamentlik as die victor ludorums aangewys en Carlien Oosthuizen, ook met 30 punte, as die victrix ludorum.
Die hulp en ondersteuning van Rene Oosthuizen, Janine Viljoen en Andrea Pieterse en Janine van Schalkwyk, wat die pawiljoen opgemaak het, het grootliks bygedra tot die sukses van die byeenkoms.
Carlien Oosthuizen is die victrix ludorum.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'