GRAAFF-REINET NUUS - Hoër Volkskool in Graaff-Reinet se Verenigde Raad van Leerders het op 16 Junie ’n boodskap van hoop en insig aan hul medeleerders en ook alle ander leerders, die jeug van Suid-Afrika, gestuur:
“Staan vandag stil by die krag, potensiaal en verantwoordelikheid van die jeug.
“Ons jeug, ook in Graaff-Reinet, leef in ’n wêreld vol moontlikhede wat ook geleenthede om te leer, te lei en ’n verskil te maak, behels.
“Maar saam met geleenthede en voorregte kom daar ook pligte.
Elke leerder het die plig om betrokke te raak en betrokke te bly.
Dan moet die jeug by Hoër Volskool ook opstaan vir geregtigeid.
Die gesamentlike plig van die jeug is om saam met volwassenes te werk om die wêreld ’n beter plek vir almal te maak.
“Hoër Volkskool verstaan dat hierdie verantwoordelikheid nooit ligtelik opgeneem kan of mag word nie.
Elke leerder by Hoër Volskool is ’n kosbare jong mens, met ’n rol om te speel in die bou van ’n meer hoopvolle en regverdige toekoms.
“Hoër Volkskool se Verenigde Raad van Leerders spreek die hoop uit dat elke leerder by Hoër Volkskool, maar ook by alle skole in Suid-Afrika, nie net sal droom oor ’n nuwe toekoms nie, maar dat elkeen ook sal doen. Dat geeneen ooit net sal verwag nie, maar aktief sal bydra.”
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’