GRAAFF-REINET NUUS - Leerders van Laer Volkskool het Saterdag 31 Augustus aan die provinsiale been van die WOW-spelfees in Gqeberha deelgeneem.
Vier leerders, Ohan Coetzee, AJ Prinsloo, Daneill du Plessis en Ross Mac Leod, het uitstekend gevaar en is deur na die nasionale been op 28 September in Stellenbosch.
Deelnemers:
Graad 1:
- Ohan Coetzee (4de plek)
- AJ Prinsloo (2de plek)
Graad 2:
- Hele Ochse
Graad 3:
- Daneill du Plessis (4de plek)
- Milla Mac Leod
- Marize Retief
Graad 4:
- Gustav Vermeulen
Graad 5:
- Ross Mac Leod (4de plek)
Laer Volkskool se leerders wat onlangs aan die Wow-spelfees deelgeneem het is voor Ohan Coetzee en AJ Prinsloo. In die middel is Milla Mac Leod, Helé Ochse en Marize Retief. Agter is Gift Pietersen, Daneill du Plessis, Ross Mac Leod en Gustav Vermeulen.
Daneill du Plessis, AJ Prinsloo, Ohan Coetzee en Ross Mac Leod is deur na die nasionale rondte van die Wow-spelfees.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’