GRAAFF-REINET NUUS - Die Hoër Volkskool Boogskietklub het op Saterdag 26 April ’n baie suksesvolle kompetisie aangebied waar Volkskool se eie skuts behoorlik gewys het wat in hulle steek.
Onder die laerskooldogters het Helen Grobbelaar twee goue medaljes verower. Sy skiet ’n persoonlike beste van 283 - die tweede hoogste telling van die dag.
Die enigste skut wat haar kon uitgestof, is in die SA span. Mia Lategan behaal twee bronsmedaljes.
In die klas vir laerskoolseuns het Christiaan Marais ook twee brons behaal.
Die hoërskooldogters het ook nie teleurgestel nie.
Danél de Koker behaal twee goud, en Karli van Rooyen neem twee brons huis toe, terwyl Carol Cronjé ook die trotse prestasie van twee brons in die afdeling vir senior vroue behaal.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’