GRAAFF-REINET NUUS - Hoër Volkskool het Donderdag 18 Julie 'n toneelaand gehou ter voorbereiding van die Logan Fees en ATKV-tienertoneel.
Victoria-Wes Gekombineerde Skool het die aand saam met hulle geniet en hul produksie, Die dood van Marat, is ook op die planke gebring.
HVS het drie produksies tydens die aand opgevoer: En Dan, Skool in Afrikaans en Wag.
Die lang ure wat die leerders geoefen het was duidelik sigbaar tydens die aand.
Jean van Wyngaard lewer sy beste toneelspel.
Mia Prinsloo speel toneel.
Rikus Kleyn sing uit sy hart uit.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’