GRAAFF-REINET NUUS - Hoër Volksool se boogskietklub het vroeg verlede week vertrek na Despatch vir die Kwagga- en Despatch Ope boogskutkompetisie en uitstekend gevaar.
Na ‘n week van stormsterkwinde in Graaff-Reinet wat veroorsaak het dat die skuts nie kon oefen nie, was dit 'n plesier om geen wind daar te beleef nie.
Uitslae van kompetisie 1
Dogters:
- Danel de Koker Silwer 274/300 (persoonlike beste)
- Mikha Enslin Brons 263/300
Seuns:
- Lehan de Beer Goud 277/300
Uitslae van kompetisie 2
Dogters:
- Danel de Koker Silwer 274/300
- Mikha Enslin Brons 262/300
Seuns:
- John Read Silwer 283/300 (persoonlike beste) gelyk aan eerste plek, maar op ‘n uittel kry hy silwer.
- Lehan de Beer Brons 272/300
Die boogskietklub neem op 3 Augustus deel aan die OP-kampioenskappe op Bathurst.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’