SOMERSET-OOS NUUS - Die Vroue-Landbouvereniging (VLV) se Somerset-Oos-tak het die historiese Glen Avon Farm se Grist Mill onlangs besoek.
Fiona en Bill Brown het die vroue begelei. Fiona is die eerste vroulike meulenaar op Glen Avon.
“Dit was ’n voorreg om haar passie en kennis te ervaar!” vertel Isabel Wilken, die Somerset-Oos VLV se voorsitter.
Dié meul, wat oorspronklik in die 1830’s deur Robert Hart gebou, is in Oktober 2023 volledig gerestoureer en vir toere heropen.
Dit was vir die tak se lede ongelooflik om die werking van hierdie historiese landmerk van naby te sien. “Dit was ’n besonderse toer na Glen Avon waar ons die Grist Mill kon beleef,” sê Jean-Mari Gouws, ’n VLV-lid.
Na die toer is die VLV se vroue by Alison Brown se huis ontvang, waar hulle in haar pragtige tuin, ’n ware lushof, kon kuier.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’