CRADOCK - Die VLV-sirkel van Cradock hou elke jaar 'n sirkeldag, hierdie jaar het dit op Saterdag 13 Mei by die Elizabeth Jordaan-tehuis in Cradock plaasgevind.
Isabel Wilken (sirkelpresident) en Jean-Mari Gouws (sirkelsekretaresse) het saam met die sirkelbestuur 'n insiggewende program vir die dag saamgestel.
Demonstrasies soos die brei van 'n damestrui, hekel van 'n outydse gehekelde doilie, bak van 'n focaccia brood en vele meer is aangebied. Wilken het ten slotte gewys hoe 'n voetenentkwilt met laslap- en kwiltwerk gemaak word.
Al die artikels sal tydens die konferensie- en kongres in 2024 gebruik word.
Die volgende VLVK-kongres word in Augustus in Hartenbos aangebied.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’