GRAAFF-REINET NUUS - Die vroue van Kookhuis se Vroue Landbouvereniging (VLV) in Cookhouse, het op 21 Januarie die Walter Battis-kunsmuseum in Somerset-Oos besoek en onder leiding van kurator Ros Turner het hulle die kunswerke en lewe van Walter Battis verken.
"Dit was 'n dag van inspirasie en waardevolle kennis. Ons is dankbaar vir die gasvryheid en leerervaring wat die museum gebring het," sê plaaslike kunstenaar, Liza Troskie.
Walter Batiss (6 Januarie 1906 - 20 Augustus 1982) is in Somerset-Oos gebore en is die eerste kunstenaar wat erkenning gegee het aan Oos-Kaapse rotskuns deur dié kunsvorm in sy skilderye te inkorporeer.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’