GRAAFF-REINET NUUS - Op ‘n baie bewolkte Donderdag, 26 Desember, het ‘n erg benoude en twyfelende swaeltjiekuiken uiteindelik sy vlugopleiding voltooi - en teen skemerte kon hy ‘n flinke sirkel deur die tuin vlieg.
Oor die laaste drie weke het die pienk babakuiken gedy onder die sorg van ‘n flinke pa en ma wat beurtsgewys kos aangedra het.
Die kuiken het vir so drie dae op die rand van die klei-nessie gesit. Vroegoggend op 26 Desember, net mooi ‘n dag ná Kersvader vertrek het, het V-dag aangebreek en is dié kuiken summier uitgeskop.
Gelukkig was sy vlerkies oopgesprei en kon hy na sy eerste vlug netjies land.
Sy twee ouers was erg benoud toe dié baba nie weer kon opstyg nie, maar met ‘n helpende mensehand kon kuikenkind, met ‘n wye draai, terugvlieg nes toe.
Môre kan die swaeltjie sy vlerke verder oefen - en teen nuwe jaar sal hy al sy eie kos kan soek!
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’