GRAAFF-REINET NUUS - Sowat 40 matrieks van Graaff-Reinet het vroeër hierdie maand 'n spesiale diens by die VGK gemeente in Kroonvale bygewoon.
Ds Petrus Gysman het leerders van Nqweba High, Spandau Sekondêr, Hoër Volkskool, Union High en Asherville Sekondêr motiveer, inspireer, en vir die groep gebid vir die opkomende eindeksamen.
Dié diens is 'n jaarlikse instelling.
Drie van die matrieks het elk 'n kers aangesteek ter ondersteuning van kankermaand.
Gysman het ook vir die leerders gesê dat die wêreld hul oester is. "Die jongmense is bewus gemaak van 'n wêreld vol geleenthede wat vir hulle wag," het hy aan die Advertiser gesê,
Gasspreker Mercia Kalebe se boodskap was "voices and choices”: matrieks sal elke minuut van die dag woorde hoor, maar hulle kies wat om daarmee te maak.
"Die gemeente wil alle matrieks en hulle ouers voorspoed toewens met die voorbereidings vir die eksamen," het Gysman bygevoeg.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'