Gallery
GRAAFF-REINET NUUS - Laasmaand het Hoër Volkskool toekennings aangewys vir dié skool se top leerders.
Hier is 'n paar van die presteerders:
Pierre van der Merwe ontvang goue toekennings en eerste klasposisie in die volgende vakke: English FAL, wiskunde, rekeningkunde, fisiese wetenskap, rekenaarstoepassingstegnologie, en lewensoriëntering.
Hy ontvang die volgende pryse: MC Cronje Beker vir English FAL, Die PSG prys vir Wiskunde, die Gerber, Botha en Gowar prys, die Pietersen Wisseltrofee vir Rekeningkunde, asook 'n SAIPA sertifikaat vir goeie prestasie in 'n Rekeningkunde Olimpiade. Hy ontvang ook die Rapportryersprys vir Fisiese Wetenskap, die ABSA-prys, die Compu-Serve trofee, die Heinrich Hancke trofee vir RTT, die Theron-familie Trofee en die PSG Alet Slabbert Korttermynversekeringsprys vir die eerste klasposisie in Gr. 12.
Zenke Enslin ontvang goue toekennings vir EBW en tegnologie. Sy behaal ook die eerste klasposisie in die volgende vakke: Afrikaans Huistaal, English FAL, wiskunde en natuurwetenskap. Sy wen die Dorothea van Zyl Prys vir Afrikaans, die Mynhardt/Steyn Konstruksie beker vir English FAL, die St 10 klas van 1988 beker en die PSG Alet Slabbert Korttermynversekeringsprys vir die eerste klasposisie in gr. 8.
Zanki Botha wen die Skoolhoof Prestige toekenning vir 'n uitsonderlike prestasie. Sy is opgeneem in die Senior Protea Ruiterkunsspan wat aan 'n internasionale toets deelgeneem het en 'n silwer medalje gewen het. Sy wen ook die Dawid Botha Wisseltrofee vir die beste prestasie deur 'n dogter in 'n sportsoort wat nie deur die skool aangebied word nie (ruiterkuns).By die prysuitdeling is die Huiskomitee van Huis Cronjè aangekondig, asook die leiers van hierdie span. Voor: Ruben van der Merwe (Hoofseun), Alwyn van der Merwe, Megan Nel (Hoofdogter), Marni van der Merwe en Athena FinckAgter: Dunzual Abrahams, Nicolaas Grobler (Onderhoofseun), Jan-Hendrik Gouws, Zanki Botha en Jorinda Gouws (Onderhoofdogter).
Chloe Stannard behaal 'n eerste klasposisie in gr. 9. Sy kry goue toekennings vir Afrikaans Huistaal, EBW en Tegnologie. Sy kry ook goue toekennings en 'n eerste klasposisie in English FAL, wiskunde en natuurwetenskap. Sy wen die Mynhardt/Steyn Konstruksie beker vir die beste gr. 9 leerling in English FAL, asook die St 10 klas van 1950 beker en die PSG Korttermynversekeringsprys vir die eerste klasposisie in gr. 9.
Astrid Langeveldt behaal goue toekennings vir English FAL, rekeningkunde en fisiese wetenskap. Sy behaal goue toekennings en 'n eerste klasposisie in die volgende vakke: Afrikaans Huistaal en lewenswetenskap.
Sy wen ook die Dorothea van Zyl prys vir Afrikaans, die Troskie-familie prys vir tweetaligheid, die St 10 klas van 1999 beker, en die PSG Alet Slabbert Korttermynversekeringsprys vir die eerste klasposisie in gr. 10.
Juryna Fourie behaal goue toekennings in Afrikaans Huistaal, English FAL en ingenieursgrafika en -ontwerp. Sy behaal goue toekennings, asook eerste klasposisies in die volgende vakke: wiskunde, rekeningkunde en fisiese wetenskap. Sy wen die Schoeman-familie beker en die ABSA-prys vir wiskunde, die Pietersen Wisseltrofee vir Rekeningkunde, die Hoër Volkskool Wisseltrofee vir Fisiese Wetenskap, die St 10 klas van 1950 beker en die PSG Kortermynversekeringsprys vir die eerste klasposisie in Gr. 11.Juryna Fourie
Sy word ook aangewys as die top kultuurleerling in die skool met die volgende prestasies: erekleure vir kultuur, die Kultuur beker vir die gr. 11 leerder wat die meeste bygedra het tot die kultuurlewe van die skool, die ATKV-wisseltrofee vir die veelsydigste leerling in die skool op kultuurgebied, en die Stephanus Muller beker vir 'n musiekprestasie in die eksamen waar sy haar gr. 7 Unisa Eksamen slaag.Marichen Piek wen die Skoolhoof Prestige Toekenning vir 'n uitsonderlike prestasie. Sy was lid van die Junior Protea ruiterkunsspan wat internasionaal deelgeneem het en 'n silwer medalje verower het.
Chris van Heerden wen die Derick van Zyl trofee vir die Sportman van die Jaar. Hy verteenwoordig die OP Platteland o.19 rugbyspan by 'n nasionale toernooi en word by die toernooi aangewys as die beste voorspeler van die toernooi. Daarna verteenwoordig hy die Suid-Afrikaanse o.19 Platteland rugbyspan by 'n internasionale toernooi in Italië.
Chris van Heerden wen die Derick van Zyl trofee vir die Sportman van die Jaar. Hy verteenwoordig die OP Platteland o.19 rugbyspan by 'n nasionale toernooi en word by die toernooi aangewys as die beste voorspeler van die toernooi. Daarna verteenwoordig hy die Suid-Afrikaanse o.19 Platteland rugbyspan by 'n internasionale toernooi in Italië.Reinier Swanepoel wen die Petrus Theron Gedenktrofee vir die beste prestasie deur 'n seun in 'n sportsoort wat nie deur die skool aangebied word nie. Hy neem deel aan veldmotorfietswedrenne en het reeds gekwalifiseer vir die Roof of Africa Internasionale Uithouwedren wat in Desember plaasvind.
Lykita Koeberg wen die Jo-Ane Nell Beker vir die Sportvrou van die Jaar. Sy presteer die beste in 'n sportsoort wat deur die skool aangebied word. Lykita verteenwoordig die Oos-Kaap o.18 netbalspan en word ingesluit in die o.18 nasionale oefengroep.
Llewellyn Crewe-Brown wen die Van Schalkwyk Familie Wisseltrofee vir die veelsydigste sportman wat in 'n verskeidenheid sportsoorte bo-gemiddeld presteer het.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'