GRAAFF-REINET NUUS — Eensaamheid is iets wat ons almal ken.
Die huwelik is God se antwoord op eensaamheid en is daargestel vir Godgegewe kameraadskap.
Die plaaslike Gereformeerde Kerk bied eersdaags 'n huweliksverrykingskursus in Graaff-Reinet aan.
Van pas verloof tot 65-jaar getroud, dié kursus is gepas vir enigeen wat daarin belangstel om hul huwelik te verryk.
Jy hoef nie n krisis te hê om aan jou huwelik aandag te skenk nie. Gebruik dié geleentheid om meer oor die huwelik te leer en dit wat julle reeds het te groei en te verdiep.
Ds Marnix Boersema van die Gereformeerde Kerk sal diegene teenwoordig aanspreek en sal onder meer oor geluk, romanse, intimiteit, openlikheid en eenheid gesels.
Die geleentheid word ten bate van die President Kruger Kinderhuise aangebied en sal op Saterdag, 2 September, om 8.30vm op Kransplaas buite Graaff-Reinet gehou word.
Kaartjies beloop R150 per persoon en sluit 'n sjampanje-ontbyt en vermaak deur gaskunstenaar Emile Minnie in.
Kaartjies is beskikbaar by Our Yard in Somersetstraat.
Besoek www.gkgraaff-reinet.co.za om meer uit te vind hieroor.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'