Video
KAROO NUUS EN VIDEO - 'n Veldbrand wat van gister, 20 September in die Bamboesberge, tussen Hofmeyr en Tarkastad uitgebreek het, woed steeds voort.
Die vuur het oornag wyer versprei en swaar rook hang tans oor die berge.
Grondeienaars, werkers, en Oos-Kaapse Work with Fire poog onverpoosd om die vuur te blus. Op hierdie stadium is daar reeds sewe plase wat ernstige skade het - beeste en kalwers, wat nie betyds onttrek kon word nie het in die brande omgekom.
VERSKAFDE VIDEO - Video van die omvang van die brand (Video: Louise Lötter).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’