GRAAFF-REINET NUUS - Suzaene Vorster is 'n nuweling-onderwyser wat ook vanjaar by Hoër Volkskool ingeval het. Sy het in Hartebeespoortdam skoolgegaan en ná skool gaan studeer.
By Damelin behaal sy 'n diploma in grafiese ontwerp en lessenaarsetwerk (desktop publishing).
Daarna studeer sy aan die Universiteit van Suid-Afrika en voltooi haar graad in BA gesondheid en sosiale wetenskappe (sielkunde) asook haar PGCE SP/FET in tale.
Sy doen waardevolle werkservaring op in Suid-Korea (onderwys), Hoërskool Kirkwood (onderwys), die Hebei Universiteit van Ingenieurswese (lektor) en by die Jilin Universiteit van Finansies en Ekonomie (lektor).
Suzaene is mal oor die dorp se geskiedenis en sien uit om deel van die skool se ryke geskiedenis te word. Dit is vir haar baie belangrik om 'n simpatieke, dog gesonde verhouding met die leerders te kweek.
FOTOGALERY: Nuwe onderwysers verwelkom by skole
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'