GRAAFF-REINET NUUS - Op Jansenville is daar onlangs groot feesgevier tydens Jannie en Pauline van Zyl se 70ste huweliksherdenking op 11 Desember.
En waar nou anders as by die nimlike Huis Welverdiend, waar Pauline die beheerraad se voorsitter is!
"Ons hier by die tehuis is bevoorreg om saam met hierdie ikone van Jansenville hul huwelik van 70 jaar te herdenk!
Wat 'n astronomiese mylpaal," sê bestuurder, Leoné Mulder.
Pauline, in skitterwit en 'n sluier getooi, het saam met Jannie op die troumars die eetlokaal binnegekom.
Menige traan is weggepink terwyl ds. Willie Smith die gepaste woorde gespreek het.
'n Keurige sjampanje-ontbyt is geniet en die atmosfeer was feestelik.
'n 70-jaar huweliksherdenking gebeur nie elke dag nie en soos Pauline dit self stel: "Dit neem toewyding, samewerking en saamstaan om dié mylpaal te bereik."
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’