GRAAFF-RAINET NUUS - Twee kleuters van Cradock bring hul dae in die wingerd op Dwingfontein, buite Cradock, deur.
Francois Michau (5) vat voor om te help oes, en hy weet watter trosse hy mag pluk, en kleinsussie Elmi (2) proe 'n paar korrels uit elke tros, soveel so dat hul mamma, Marelize Michau, wat die twee mooi spruite gereeld op kamera vaslê, bekommerd is dat Elmi haar snags sal wakker hou met die nagevolge van te véél proe.
Februarie is druiwemaand in die Karoo, en dit is hierdie jaar 'n puik druiwejaar op Dwingfontein, en vriende en familie word ook bederf met geskenke uit dié wingerd.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’