HOFMEYR NUUS - Die Cradock-veediefstaleenheid bevestig dat 'n saak van veediefstal ondersoek word nadat 'n insident op 25 Julie in die Hofmeyrdistrik aangemeld is.
Volgens kaptein Mandla Mdleleni, mediaverteenwoordiger van die Oos-Kaapse kommissaris, word daar beweer dat 'n groep boere en lede van die veediefstaleenheid twee verdagtes, 38 en 39 jaar oud, op heterdaad betrap het toe hulle skape steel.
Die twee is in hegtenis geneem en 'n saak van veediefstal is geopen.
Die verdagtes het op Dinsdag 29 Julie in die Hofmeyr-landdroshof verskyn en bly in aanhouding om weer op 8 Augustus te verskyn.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’