CRADOCK NUUS - Twee gr. 7 leerders van Laerskool Cradock, Lexie Fourie en Valerie Bester, het geskitter by die South African National Equestrian Schools Association (Sanesa) 6 kwalifiseringsrondte wat op 30 Mei by die Cradock skougronde aangebied is.
Hoewel die twee teen mekaar meegeding het, is hulle groot maats wat graag ure op hul perde se rûe deurbring.
Lexie, op Waaksaam Memoir, het vyf 1ste plekke behaal en Valerie, op Mezig Gepetto, twee 1ste plekke en twee 2de plekke.
Hulle het die volgende afdelings meegeding:
Sanesa In Hand Utility: Lexie Fourie - 1ste plek
Sanesa Performance level 5: Valerie Bester - 1ste plek
Sanesa Equitation level 5: Valerie Bester - 1ste plek
Sanesa Western Pleasure: Lexie Fourie - 1ste plek, en Valerie Bester - 2de plek
Sanesa Show Hack: Lexie Fourie - 1ste plek, en Valerie Bester - 2de
Sanesa Performance level 7: Lexie Fourie -1ste plek
Sanesa Equitation level 7: Lexie Fourie -1ste plek
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’