GRAAFF-REINET NUUS - Twee van Laer Volkskool Graaff-Reinet se swemmers het onlangs aan die top 8-gala in Gqeberha deelgeneem.
Die vlak 3 en SA Junior se kwalifiserende swemmers mag nie aan die top 8-gala deelneem nie.
Die top agt word dus uit die oorblywende swemmers gekies.
Ross MacLeod en Hanné Alberts het op 12 Maart deelgeneem. Ross het ’n brons medalje in borsslag gewen en Hanné het haar persoonlike beste tye aansienlik verbeter.
Hanné het ook op 15 Maart aan ’n vlak 1-gala in Gqeberha deelgeneem. Sy het onderskeidelik vyfde, sesde, 11de en 12de gekom.
Ross MacLeod. Foto: Verskaf/LVS
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’