KAROO NUUS - Rentia Oosthuizen is geen vreemdeling wanneer dit by harde oefening en deursettingsvermoë kom nie.
Sy hou verskeie Afrika-atletiekrekords en 'n indrukwekkende wêreldrekord vir 10 km-padhardloop.
Sy het ook onlangs, van 2 to 3 Oktober, aan die South African Sports Association for the Intellectually Impaired (SASAII) se nasionale kompetisies in Polokwane deelgeneem en uitstekend gevaar.
Die items waaraan sy deelgeneem het was die 100 m, 200 m en 800 m-stap asook verspring en gewigstoot.
Tydens die byeenkoms het sy 'n goue medalje in verspring en gewigstoot, 'n bronsmedalje in die 200 m- en 800 m-stap en 'n vierde plek in die 100 m-stap gewen.
‘We bring you the latest Garden Route, Hessequa, Karoo news’