STREEKNUUS - Die Middelburg Karoo Toerismevereniging het onlangs die pad Hofmeyr toe gevat vir 'n hele dag se kuier.
Die groep positiewe vroue wil graag Middelburg takel en 'n nuwe toekoms vir die dorp en sy inwoners skep, en daar was geen tekort aan planne om dit te laat gebeur nie.
Handri Vorster is die een wat die uitstappie voorgestel die klomp oorreed het om in Hofmeyr te kom kuier om te sien hoe dit daar gedoen is.
Op hulle program was besoeke aan verskeie besienswaardighede.
"Ons het die scenic route by Juriesbaken verby gevat,” vertel die entosiastiese groep, “maar toe ry ons teerpad langs terug.”
Hofmeyr Hugs of Hope
Hul eerste stop was by Hofmeyr Hugs of Hope, waar hulle oor koffie en tee meer kon hoor oor die geskiedenis van Hofmeyr, die onderskeie projekte wat in Hofmeyr aangepak en voltooi is, en nuwe projekte wat geloods word.
Hulle het besoek afgelê by die DRC Twinsville Primêre Skool, wat onlangs splinternuut oorgeverf is en nou blou blink in die son.
Daar het hulle ywerig foto's geneem van die speelterrein wat deur Dankie Lottoland opgerig is na 'n aansoek deur Hofmeyr Hugs of Hope.
Van gruisgat tot lushof
Die besoek aan die gerehabiliteerde gruisgat langs die R390 na Hofmeyr, wat voorheen 'n onooglike rommelterrein was, was beslis vir die vroue 'n hoogtepunt.
Niemand kan hul al die gemors voorstel wanneer hulle nou kyk na die gerehabiliteerde terrein nie, met sy plantegroei, voëls, water, en beeste wat rustig wei.
Hierdie terrein is deur Lottoland help ‘n dorp gefinansier, en die herstelwerk is deur die boere en plaaslike inwoners van Hofmeyr gedoen.
'n Nuwe stortingsterrein is ook gevestig.
Die fondse wat oorgebly het nadat verskeie boere hul gratis bydraes gelewer het, het die komitee gebruik om 'n aantal muurskilderye aan te bring, en om skilderye en foto's deur plaaslike kunstenaars op advertensieborde te installeer.
Hofmeyr Hugs of Hope gaan nou weer 'n program loods om die muurskilderye op te knap, want sommige van hulle loop erg onder vandalisme deur
Maak 'n verskil!
Die vroue van Middelburg het ook by die bekende besoekpunte in Hofmeyr gaan kuier, en na 'n heerlike middagete teruggereis na Middelburg.
Elkeen in Middelburg kan 'n verskil maak, en dit, hoop die groep vroue, sal binnekort sigbaar wees.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’