GRAAFF-REINET NUUS - Tinkerbell-voorskoolsentrum het op 9 September 'n loopbaandag vir kinders tussen twee en vyf gehou.
Tans bestaan die sentrum uit 55 kinders en drie onderwysers. Kinders het meestal beroepe soos dokter, polisie, onderwyser, advokaat en sjef gekies.
Die onderwysers het met die kinders gesels oor wat die verskillende loopbane behels en rolspel oor die onderskeie beroepe is ook gedoen. Die dag is afgesluit met heerlike worsbroodjies.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'