GRAAFF-REINET NUUS - Stefanie Minnaar, pastorale narratiewe terapeut en kenner op die gebied van ouer-en-tienerverhoudings verduidelik waarom hierdie jongmense nie altyd hulle ouer so goed hoor.
Sy vertel dat sy en haar 16-jarige op pad na die George-lughawe toe saam in die motor na sy musiek luister.
"Ek praat met hom en die mannetjie ignoreer my blatant.
Ek gee hom 'n stamp op die skouer en sê, 'Hoor jy ek praat met jou?'. Hy antwoord: 'Nee Mamma, ek doen klaar twee goed'. Ek verstaan nie en vra wat hy bedoel.
Hy antwoord dat sy brein slegs twee dinge op een slag kan doen. Dadelik wou ek weet, nou watter twee goed dit sou wees. En hy antwoord: 'Ek luister musiek en ek kyk vir die natuur'. En net daar besef ek dit is waar," vertel Stefanie.
Tieners verloor die helfte van hul brein hier rondom 15- of 16-jarige ouderdom.
Volgens Stefanie word dit letterlik synaptic pruning genoem. Met geboorte is daar min konneksies in die brein. Dan word die kind soos 'n spons wat inligting absorbeer met doen en vrae vra soos "hoekom, hoe, wat nou"?
Teen sewe jaar is daar duisende konneksies wat gevorm is. Dan 15/16 verloor die kind die helfte van hierdie konneksies.
Lees meer op susterskoerant, Mossel Bay Advertiser
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'