GRAAFF-REINET NUUS - Thinus Coetzer, voorheen van Graaff-Reinet, het laas Maandag onderweg vanaf Oos-Londen by sy ou werksplek ingeval om te kyk hoe dit vandag by die Graaff-Reinet Advertiser lyk.
Coetzer het 30 jaar gelede by die Advertiser gewerk toe Arthur Knott-Craig redakteur was en tydens sy besoek vertel hoe die koerant destyds aanmekaargesit is.
Deesdae woon hy in Nieuwoudtville in die Noord-Kaap.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’