KAROO NUUS - Huis Welverdiend vir bejaardes in Jansenville het verlede week hulle twee presteerders vir September bekendgemaak.
Ben Roos is aangewys as inwoner van die maand vir al sy harde werk in die tuin, terwyl Mickey Sambokwe aangewys is as personeellid van die maand.
Mickey sorg elke week dat almal se wasgoed skoon, gestryk en reg verpak word om hulle weg terug te vind na die eienaars se kamers. "Ons waardeer julle toewyding opreg," het bestuurder Leoné Mulder gesê.
Ben Roos is September se inwoner van die maand. Foto: Leoné Mulder
Mickey Sambokwe is September se personeellid van die maand. Foto: Leoné Mulder
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’