GRAAFF-REINET NUUS - By die Marais Steyn-tehuis in Steynsburg het baie van die inwoners Kersdag by die tehuis deurgebring - en hulle is heerlik op dié feesdag bederf!
Debbie Erasmus was die Kersfeesmoeder wat vroegoggend talle geskenke in die sonnige sitkamer uitgedeel het.
Daarna het inwoners, wat bedlêend is, hul geskenke in hul kamers ontvang.
Niemand is oorgeslaan nie, want die Marais Steyn-tehuis ontvang elke jaar geskenke vir elke inwoner, danksy ruim bydraes deur donateurs in die gemeenskap.
Die Kersboom word al vroeër in die maand met Kersfeesklappers (crackers) versier en almal wat wil, kan ‘n klapper trek - met die naam van ‘n inwoner en hul wenslysies daarin.
Hierdie geskenke word dan op Kersdag oorhandig.
Ná dié Kerssangdiens in die NG kerksaal, is 'n smul-feesmaal keurig op die tafels voorgesit.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’