GRAAFF-REINET NUUS - Die jaarlikse interskole swemgala tussen Volkskool en die Union-skole het onlangs plaasgevind by die binnenshuise swembadkompleks van Hoër Volkskool.
Die kompetisie was, soos oudergewoonte, baie straf, maar op die einde van die dag het Volkskool met albei trofeë weggestap.
In die laerskole-afdeling is Aiden Thiart en Carlien Oosthuizen, albei van Laer Volkskool, aangewys as die top swemmers van die dag.
By die hoerskole-afdeling is Rianco Vermeulen en Marlien Crewe-Brown as, onderskeidelik, die Victor en Victrix Ludorum aangewys.
Marlien het altesaam vier rekords gebreek, terwyl Rianco twee item-rekords agter sy naam kan skryf.
Rianco Vermeulen en Marlien Crewe-Brown met hul Victor- en Victrix-bekers.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'