Video
KAROO NUUS EN VIDEO - Talle dorpe in die Dr Beyers Naudé munisipale gebied is gistermiddag, 9 Februarie, deur ’n donderstorm getref.
Swaar reën met donderweer en hael het in Aberdeen, Graaff-Reinet en Jansenville geval.
Die reën het broodnodige verligting gebring, maar ook oorstromings veroorsaak weens verstopte stormwaterdreine en afvoerslote.
Verskeie huise en besighede het skade gely.
VF+ raadslid Adriaan van Heerden het ’n dringende beroep op die munisipale bestuur gedoen en nalatige instandhouding gekritiseer. Hy het gewaarsku dat die munisipaliteit moontlik siviele eise in die gesig kan staar en het ’n duidelike herstelplan en aanspreeklikheid geëis.
VIDEO: Verskaf
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’