GRAAFF-REINET NUUS - Skooldrag het die aardige manier om oor 'n Desembervakansie te klein te raak.
Wanneer die rakkers weer moet terug skool toe, is daar skielik bitter min wat pas. En gaan loer gerus wat kos skoolklere - teen 'n minimum van R260 per bostuk en nog R260 per onderstuk, is dit heeltemal buite bereik vir gesinne wat op die broodlyn leef.
Summerwood Primary School in Gqeberha het weer hierdie jaar hul harte en hande oopgemaak, en alle gebruikte skooldrag wat nog in goeie toestand is en wat hul kon insamel, aangestuur na Schoombee Primêr, waar dit aan behoeftige leerders uitgedeel is.
Schoombee Primêr is by die plaas Vriesfontein, tussen Steynsburg, Hofmeyr en Middelburg.
Die skenking is 'n jare lange gebruik en omdat beide die skole blou skooldrag dra, is dit 'n wenresep.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’