GRAAFF-REINET NUUS - "Groot? Kan nie wees nie - kyk hoe klein is die ou eiertjies. Hoe kan hulle sê dis 'Groot'?" Dit is hoe baie van ons voel as ons voor die winkelrak staan en met ons beperkte begroting moet kies watter grootte eiers ons kan bekostig.
Eiers vorm 'n groot deel van ons dieet en word algemeen beskou as een van die mees bekostigbare bronne van proteien, maar selfs dit is lankal nie meer goedkoop nie.
Graaff-Reinet Advertiser het by ’n bekende eierverskaffer in die Noordoos-Kaap aangeklop om te hoor wat wetgewing vereis en voorskryf ten opsigte van eierverspreiding in Suid-Afrika.
Klassifikasie en verpakking
Om verbruikers te beskerm en miskommunikasie te voorkom, moet produsente aan die volgende voldoen:
- Regulasie nommer 725 wat ingevolge die Wet op Landbouprodukstandaarde, Wet 119 van 1990 geadministreer word, voldoen wanneer hulle eiers wil verkoop.
- Eiers van verskillende groottes mag nie saam in dieselfde houer verpak word nie. Indien dit los verkoop word, moet dit ook apart uitgestal word.
- Die volgende gewig-klassifikasies geld wanneer eiers aan die publiek bemark en verkoop word:
- Super Jumbo: meer as 72 g, Jumbo meer as 66 g, Ekstra Groot: meer as 59 g, Groot: meer as 51 g, Medium: meer as 43 g, en Small: meer as 33 g.
- Die kleinste eiers wat verkoop mag word, is 33 g.
Verskillende groottes moet duidelik gemerk word, selfs wanneer hulle apart verkoop word.
Dit moet gedoen word om verwarring te vermy.
Gradering van eiers
Spesifieke standaarde geld ook vir die gradering van eiers.
Die maatstawwe sluit die volgende in: dikte van die eierwit, Haugh-waarde van eierwit (die proteïengehalte van ’n eier, gebaseer op die fermheid van die eierwit.
Vars en hoër kwaliteit eiers het dikker witte as eiers van swakker kwaliteit.), vorm en plasing van die eiergeel, grootte van die lugsel, omvang van beweging van eiergeel wanneer die eier vertikaal gekantel word, doppe se voorkoms en sterkte,
Graad 1/Graad A-eiers: eierwit moet dik wees en die eiergeel moet ronde en goed gesentreer wees.
- Die lugsel moet klein wees met ’n maksimum diepte van 6mm en minder as 6mm in enige rigting beweeg wanneer die eier vertikaal gekantel word.
- Alle eiers moet vry van vleisvlekke wees en die doppe moet skoon en sterk wees, nie gekraak nie.
- Haugh-waarde van minstens 55 eenhede.
•Graad 2/Graad B-eiers: eierwit moet dik wees en die eiergeel moet ronde en goed gesentreer wees.
- Die lugsel moet klein wees met ’n maksimum diepte van 6 mm en moet minder as 6 mm in enige rigting beweeg wanneer die eier vertikaal gekantel word.
- Eiers moet vry van vleisvlekke wees en die doppe moet skoon en sterk wees, nie gekraak nie. Haugh-waarde van minstens 55 eenhede.
Graad 3/Graad C: mag nie in winkels verkoop word nie.
- Die eiergeel is plat en soms langwerpig, terwyl die wit dun en waterig is.
- Die dop kan miskien gekraak of verkleur wees.
Verpakking en bemarking
Eierverpakkings moet reuk- en smaakvry wees.
Dit moet sterk, ongebroke en goed toegemaak wees om die eiers te beskerm tydens normale hantering en vervoer.
Dit moet nie oormatige vog tydens afkoeling absorbeer nie en dit moet behoorlik skoongemaak word.
Geskikte verpakking sluit mandjies vir kortafstandvervoer en eierversameling in, vulbakke en polistireenpakkette.
Los eiers, skuur eiers en gepasteuriseerde eiers moet voldoen aan die voorgeskrewe regulasies en as sodanig gemerk word.
Etikettering
Die volgende moet op die etikettering verskyn: naam van die produk, die maatskappy, pakker se besonderhede, vervaldatum, aantal eiers, handelmetrologie (afmetings), grootte en land van oorsprong.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’