ABERDEEN NUUS - Die AP Kerk te Aberdeen hou dié Saterdag, 3 Maart, ‘n straatverkoping.
Verkope sal afskop om 09:00 in die Tuin Kafee-parkeerarea.
Aberdeen-inwoners kan uitsien na heerlike braaivleis, worsrolletjies, kerrie-en-rys, basaarpoedings, sosaties en ‘n Wit Olifant-tafel.
Die kerk lede nooi alle inwoners van Aberdeen en omgewing uit om hulle te ondersteun.
Die geld wat ingesamel word, is ten bate van die kerk.
Die AGS-kerkgemeente sal alle ondersteuning waardeer.
Die AP Kerk te Aberdeen hou dié Saterdag, 3 Maart, ‘n straatverkoping.
'Ons bring jou die nuutste Aberdeen, Karoo nuus'