OPVOLG - Die R61-roete is om 17:30 heropen nadat betogers dit sedert 13:00 vandag, 16 November met klippe versper het. Die betoging gaan wel voort voor die raadslid se kantoor.
CRADOCK NUUS - ‘n Staking op die R61-roete vanaf Cradock na Tarkastad veroorsaak sedert 13:00 dat verkeer nie die roete kan gebruik nie.
Klippe versper die roete net buite die woongebied en brande is ook sigbaar.
Bystanders op die toneel sê dat die staking ‘n poging is om hul ontevredenheid uit te spreek oor die weeklange afwesigheid van water in Hillside en Michausdal.
Die polisie is op die toneel, en daar is ‘n versoek gestuur dat die Raadslid in beheer van watertoevoer, vir Inxuba Yethemba-munisipaliteit, die area sal besoek vir samesprekings.
Foto's: Verskaf
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’