HOFMEYR NUUS - ’n Besoek deur Willem en Marie Oosthuizen vanaf Sentraal-Suid Koöperasie se The Co-op Community Trust, in Humansdorp, aan Hugs of Hope in Hofmeyr (Hugs), was ’n hoogtepunt vir beide.
Hierdie uiters insiggewende besoek op 9 Mei van The Co-Op Community Trust, onder beheer van Sentraal-Suid Koöperasie, het vir beide organisasies nuwe insigte gebring.
Insiggewende gesprekvoering tussen die bestuur van Hugs of Hope, en SSK by die plaaslike Farmhouse, was ’n geleentheid waarna beide die NPO’s in die Oos-Kaap lank uitgesien het.
Beide instansies lewer diens in hul gemeenskappe, en volg die riglyne van die ABCD van gemeenskapsontwikkeling, waarvolgens daar slegs gebruik gemaak word van opheffing deur ontwikkeling, en waar daar nie noodverligting toegepas word nie, maar eerder opheffingsaksies van stapel gestuur word.
Elke persoon vind verligting deur gebruik te maak van sy talente, en die gemeenskap vorm ’n netwerk met instansies waarby uitreikaksies gebruik word om persone in te trek, en hierdie netwerk verskaf op die ou end die groot verandering wat in gemeenskappe plaasvind.
Op hierdie wyse word daar ook opleiding verskaf en gesprekvoering met gemeenskappe word gebruik om probleemoplossings te bewerkstellig.
Sopkombuise word nie as ’n opheffingsaksie gesien nie, maar eerder as ’n verlengstuk van probleme, want die getalle by sopkombuise groei en word daar geen toekomsvisie geskep nie.
Die Maatskaplike Indiensnemingsfonds (Social Employment Fund) is ook bespreek, voordat daar besoek afgelê is by aksies wat deur die afgelope bykans 10 jaar, deur Hugs of Hope in Hofmeyr van stapel gestuur is.
Hugs of Hope het reeds veranderinge by verskeie skole in Hofmeyr en omliggende dorpe aangebring.
Daar is ook reuse veranderinge by tehuise vir bejaardes aangebring, waar opheffingsaksies en opleidingsessies spreek van groot tree is in die opheffing van senior burgers deur aan hulle hul menswaardigheid terug te gee.
Opleidingsaksies sluit in rekenaargeletterheidsopleiding, tuisversorgingsaksies en ook basiese onderwyshulpopleiding.
The Co-op Community Trust het vertel van soortgelyke aksies in hul omgewing en die verskil wat dit teweegbring.
Hugs is ook behulpsaam by verskeie tehuise en skole met die die aanleer, of hervestiging van vaardighede wat uiters noodsaaklik is.
Hugs se toegeruste naaldwerkopleidingsentrum en bakkery, waar anysbeskuit en muesli beskuit juis op die dag die lokaal met huislike warmte gevul het, is ook besoek, asook die winkel op die markplein.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’