JANSENVILLE NUUS - Oktober was Internasionale Maand vir Bejaardes en om dit te vier, het Whitlock-versorgingsentrum en Huis Welverdiend 'n funksie en optog gereël.
Volgens Leoné Mulder, bestuurder van Huis Welverdiend in Jansenville het hulle persone bo 60 uitgenooi om die maand te vier.
"Ons het Donderdag 27 Oktober alle persone bo 60 uitgenooi om by die tehuis bymekaar te kom om 'n baie gesellige en vrugtevolle funksie by te woon. Ons het ook ons bure oorkant die straat, Whitlock-versorgingsentrum se inwoners en personeel uitgenooi om deel te neem. Ds. Willie Smith het op gepaste wyse geopen en daarna het Pauline van Zyl die verwelkomings gedoen. Sy is die voorsitter van Huis Welverdiend se beheerraad. Hierna het verskeie sprekers kom optree om die ouer persone in te lig oor veiligheidsaspekte vir 'n senior burger."
Volgens haar het sr. Gloria Jordaan oor die gesondheid van senior burgers gepraat, waarna Siyavuya Ngqameni, die gesondheidsinspekteur en sers. Denver Wood van SAPD oor mishandeling van bejaardes onder die loep geneem het.
Vir die spanne van Huis Welverdiend en Whitlock-versorgingsentrum wat hande gevat het en aan elke deelnemer wat hierdie dag meegemaak het, word daar 'n spesiale woord van erkenning gegee.
Van die bejaardes wat die funksie bygewoon het.
'Ons bring jou die nuutste Jansenville, Karoo nuus'