Video
GRAAFF-REINET NUUSFLITS EN VIDEO - Vrydagoggend, 25 Augustus, het die kleuters van die Weppie Preppie-kleuterskool in Graaff-Reinet 'n heerlike kuier geleentheid saam met Oupa en Ouma aangebied.
Van die mammas en die juffrouens het die gaste bederf met heerlike eetgoed en tee en die kleuters het almal vermaak met voordrag en sang.
Dr Ben van Tonder het die gaste toegespreek waarna hy en sy eggenote Sanet ‘n sangitem gelewer het.
Ter afsluiting het die grootouers saam met hul kleinkinders vetplantjies in die skool se tuin geplant.
Die skool spreek graag hul dank uit aan almal wat gehelp het om hierdie oggend 'n sukses te maak.
Kyk 'n video hieronder.
Lees meer in Donderdag se Graaff-Reinet Advertiser, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Klein Karoo nuus'