KAROO NUUS - Laer Volkskool het onlangs saam met die OOV se vroue 'n heerlike vroueaand in die skoolsaal aangebied.
Met die aankoms is die vroue bederf met 'n glasie vonkelwyn van Swartland Winery en 'n hand- of voetmassering deur Africology Skincare & Spa se terapeute.
Ampie Jordaan van PSG het opgetree as seremoniemeester.
'n Meksikaanse feesmaal is voorgesit deur Quintinn van Rensburg van Hoofmaal. Hierna het die gaste aan Yolande Brittnell-Steyn se lippe gehang. Yolande se praatjie was propvol lewenswaarhede en inspirasie vir elke vrou.
Om die aand verder in te kleur, kon vroue krapkaartjies koop met fantastiese pryse op die spel.
Die aand is afgesluit met Maria's Superior Coffee se koffie en heerlike brownies.
Yolande Brittnell-Steyn
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’